| | Projek / Besigheid Registrasies‘n Projek of besigheid kan geregistreer word deur die Aansoekvorm vir Registrasie by die BURKEA Besigheid Ondersteuningsentrum (Registrasienommer: 2008/018274/08, geïnkorporeer onder Artikel 21) te voltooi.
Geregistreerde lede kom vir die volgende voordele in aanmerking: Verskaffing van besigheid ondersteuningsdienste (Finansiële Bestuur, Inligtingstegnologie, Regshulp). Fasilitering van befondsing vir Besigheids- of Projekontwikkeling. Verskaffing van ‘n netwerk van ondersteunende besighede en opleidingsmaatskappye. Deurlopende ontwikkeling van ‘n databasis met inligting oor wenidees, en voorsorgmaatreëls om mislukkings te voorkom. ‘n Spaar- en Kredietplan is ontwikkel om mense in staat stel om finansieel te beplan om hulle ondernemings of projekte tot uitvoer te bring. Selfs in gevalle waar daar nog nie sekerheid oor toekomsplanne bestaan nie, mag mense steeds voorsorg tref om op ‘n latere stadium ‘n besigheid of projek te ontwikkel.
Klik om vorm oop te maak: (Regs klik "Save Target As" om vorm af te laai) REGISTRASIE BY BURKEA BESIGHEID ONDERSTEUNINGSENTRUM: Voltooi die AANSOEKVORM. Indien ‘n voornemende Aansoeker minderjarig is, moet sy ouer of wettige voog die aansoek namens hom voltooi en teken. Faks die voltooide aansoekvorm (Faks besonderhede is op die aansoekvorm beskikbaar). Betaal die R50 Registrasiefooi plus die eerste maand se spaarplan bedrag. Direkte inbetalings: Hoёr Tegniese Skool Pretoria Tuine se Finansiële Kantoor by Mev. Brits. Elektroniese inbetalings: Faks bewys van betaling vir aandag Dr. Maré, Faks no. 0865512480
| Bank Rekening: | Business Development Fund / BDF | | Tjekrekeningnommer: | 4072322193 | | Bank: | ABSA Hercules | | Bank kode: | 632005 |
‘n Afskrif van die goedgekeurde aansoekvorm sal binne sewe werksdae gefaks word, sodat die aftrekorder deur die Aansoeker by sy/haar bank ingedien kan word.
Verdere aansoekvorms (ander kennisse of familielede wat ook met ‘n spaarplan wil begin om as waarborg vir groter leningsaansoeke te dien), is op aanvraag by die BURKEA Besigheid Ondersteuningsentrum beskikbaar. |