Entrepreneurskap Ontwikkelingsprojek "My Doel, my Diens, my Eer aan God" Die BURKEA Besigheid Ondersteuningsentrum: Baie mense het goeie besigheidsidees. Om hierdie idees tot winsgewende ondernemings te omskep vereis uiteenlopende vaardighede. Finansiële vaardigheid, regskennis en ander gespesialiseerde vaardighede. Vermoë om die onderneming in ‘n professionele besigheidsplan te omskep. Fasilitering van befondsing vir besigheids- of projekontwikkeling. Verskaffing van ‘n netwerk van ondersteunende besighede en opleidingsmaatskappye. Deurlopende toegang tot ‘n databasis met inligting oor wenidees, en voorsorgmaatreëls om mislukkings te voorkom.
Die BURKEA Besigheid Ondersteuningsentrum is ‘n Nie-winsgewende Artikel 21 Maatskappy wat ontwikkel is om professionele dienste en besigheids-ondersteuning aan ontwikkelende ondernemings te bied. Die fokus is veral om die jeug (leerders, studente en nuwe beroeps toetreders) te bemagtig om wins genererende projekte en ondernemings te ontwikkel. Die koste daaraan verbonde om ‘n onderneming op ‘n langtermyn onderhoudende wyse met professionele dienste te ondersteun, word gedeel deur die deelnemende ondernemings wat oorhoofse kostes aansienlik beperk. Klik op REGISTRASIE indien u ‘n projek of besigheid by die sentrum wil registreer. Ons Visie: Ontwikkeling van klein sake ondernemings om werkskepping in die omgewing te bevorder. Die fokus is daarop gerug om werkende modelle van gevestigde ondernemings te gebruik en dan aan te pas vir die omgewings behoeftes. Oordrag van spesifieke vaardighede en verskaffing tegnologiese opleiding. Ontwikkel entrepreneurskap (Besigheidsplan ontwikkeling ens) - Ontwikkel direkte konneksies met die koöperatiewe industrie, privaat sektor en opleidings instansies. (Skep die geleentheid vir oordrag van vaardighede en kennis sowel as samewerking geleenthede)
|