| | Besigheid OndersteuningsdiensteAlle geregistreerde lede (sien REGISTRASIE by BURKEA Besigheid ondersteuningsentrum) kom in aanmerking vir verskeie ondersteuningsdienste. Ondersteuningsdienste sluit in: Professionele Adviesdienste insluitend Finansiële Bestuur, Inligtingstegnologie, en Regshulp. Fasilitering van befondsing vir Besigheids- of Projekontwikkeling. Verskaffing van ‘n netwerk van ondersteunende besighede en opleidingsmaatskappye. Deurlopende ontwikkeling van ‘n databasis met inligting oor wenidees, en voorsorgmaatreëls om mislukkings te voorkom (saamgestel uit die insette van talryke werkopdragte). Toestaan van lenings of skenkings aan goedgekeurde projekte of besighede. Dit mag die volgende insluit: Studielenings Opleidingskursusse Fondse benodig vir die ontwikkeling van professionele besigheidsplanne Registrasie van besighede of projekte Lenings vir aanvangskapitaal vir Projekontwikkeling of besigheids-ontwikkeling (insluitend toerusting en vaste bates).
|