Taal / Language
TERUG / BACK

Befondsing vir Besigheid- of Projekontwikkeling

‘n Spaar- en Kredietplan is ontwikkel wat leerders en studente in staat stel om fondse vir goedgekeurde projekte of ondernemings te teiken. Hierdie fondse kan op ‘n maandelikse wyse gespaar word, of as geteikende fondse inbetaal word.

In gevalle waar ‘n leerder/student nog nie finaal oor ‘n besigheid of projek besluit het nie, kan fondse vir moontlike toekomstige goedgekeurde projekte geteiken word.

Daar mag van tyd tot tyd ook donasies of skenkings inbetaal word. Die hoofdoel is om ‘n waarborg te skep waarteen lenings gemaak kan word. Sodoende kan die waarborgfonds herhaaldelik aangewend word namate nuwe befondsing verlang word. Elke aansoeker kan sy eie waarborg aanvul deur ander lede wat bereid is om hulle spaarplanne as waarborg te laat dien. Daar kan ook met ander mense/organisasies beding word om in projekte te belę om in winste te kan deel.

Die doel van die Spaar- en Kredietplan is hoofsaaklik om Lenings ten volle te waarborg wat beteken dat dit nie deur die Nasionale Kredietwet beperk word nie. Alle fondse mag slegs in belang van die Hoofdoel van die projek aangewend word, naamlik “Gemeenskapsopheffing en Ontwikkelings-ondersteuning”. Binne die Hoofdoel kan lenings of skenkings onder meer vir die volgende doeleindes goedgekeur word:

  • Studielenings

  • Opleidingskursusse

  • Fondse benodig vir die ontwikkeling van professionele besigheidsplanne

  • Registrasie van besighede of projekte

  • Lenings vir aanvangskapitaal vir Projekontwikkeling of besigheids-ontwikkeling (insluitend toerusting en vaste bates).

 Om aansoek te doen vir ‘n Spaar- en Kredietplan kan die AANSOEKVORM voltooi word. 


© 2009, BURKEA